✝ 1933/1953 Afrikaanse Bybel

πŸ“œ 1933/1953 Afrikaanse Bybel - Volledige XML-gebaseerde weergawe

πŸ“– Romans 10

10:1
Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding.
10:2
Want ek getuig van hulle dat hulle 'n ywer vir God het, maar sonder kennis.
10:3
Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.
10:4
Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.
10:5
Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.
10:6
Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sΓͺ dit: Moenie in jou hart sΓͺ nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring;
10:7
of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring?
10:8
Maar wat sΓͺ dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:
10:9
As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
10:10
want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
10:11
Want die Skrif sΓͺ: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
10:12
Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep.
10:13
Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
10:14
Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?
10:15
En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!
10:16
Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesΓͺ: Here, wie het ons prediking geglo?
10:17
Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
10:18
Maar ek sΓͺ: Het hulle miskien nie gehoor nie? Ja, seker! Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wΓͺreld hulle woorde.
10:19
Maar ek vra: Het Israel dit miskien nie verstaan nie? Ten eerste sΓͺ Moses: Ek sal julle jaloers maak op die wat geen volk is nie, en Ek sal julle toorn opwek teen 'n onverstandige volk.
10:20
En Jesaja durf selfs sΓͺ: Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie.
10:21
Maar van Israel sΓͺ Hy: Die hele dag het Ek my hande uitgebrei na 'n ongehoorsame en teΓ«sprekende volk.

πŸ“Š Bybelstatistieke

Totale Boeke: 65

Huidige Boek: Romans

Hoofstukke: 16

Verse in hierdie hoofstuk: 21


1933/1953 Afrikaanse Bybel vertaling deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

πŸ“š

Soek 'n woord om woordeboek resultate te sien

Bv. "Aaron", "God", "liefde"

🏷️

Soek 'n onderwerp om verwysings te sien

Bv. "love", "faith", "abraham"